Tuis / HomeProdukte / ProductsVerspreiders / Suppliers Nuus / News Resepte / RecipesKontak / Contact


Lessing Konfyte en Ingemaakte Vrugte of Groente

Lessing Konfyte het begin as 'n stokperdjie, onder die afdak met 2 potte! Dit is nou 20 jaar later en het tot ʼn reuse sake-onderneming uitgekring!

Ina Lessing is sedert 1990 doenig met die inmaak van vrugte, groente en die kook van 'n wye verskeidenheid van konfyte. In 2013/14 was Ina aangewys as Sanlam/ Lanbouweekblad se vroue-entrepreneur.

Met ʼn diepgewortelde geloof en daarmee saam vertroue en planne beraam asook soms kanse vat en baie inisiatief aan die dag lê het alles bygedra tot die sukses wat hierdie konfyt-onderneming vandag is. Dit is baie positiwiteit, familie ondersteuning en ʼn bakkievrag liefde wat dit volhoubaar maak. Die kook en inlê is op Modimolle en die verpakking en verspreiding vind plaas vanaf Centurion.

Langenhoven het nie verniet gesê:

“As jy suksesvol wil wees, moet jy die gewone dinge, buitengewoon goed doen”

Produkte en Verspreiding

Verskeidenheid konfyte en ingemaak is beskikbaar. Aarbei konfyt, Appelkooskonfyt, Vyekonfyt en nog baie meer. Hier is van die produkte wat beskikbaar is.

Die produkte word wyd verspreid aangetref by 'n verskeidenheid van winkels, tuisnywerhede, padstalletjies en Deli's in Suid Afrika.

Top Verkopers

Fyn Vyekonfyt
Tamatiekonfyt
Perskesnipperkonfyt
Vyekonfyt - heel
Groenvyekonftyt
Makataanstukke
Nastergalkonfyt
Aarbeikonfyt
Appelkooskonfyt
Ingemaakte Perske