Nuus
Só lyk ń sakevrou van formaat!
En hier is sy! Ina Lessing van Modimolle (voorheen Nylstroom) in Limpopo is pas as Landbouweekblad en Sanlam se landbouvrou-entrepreneur vir 2013/'14 aangewys. En wat is Ina se raad aan nuwe entrepreneurs? Lees meer...
Ina is na 17 jaar behoorlik gekonfyt met dié soet bederf
Toe Danie en Ina Lessing 17 jaar gelede hule boerdery in die Alma-omgewing gestaak het, het hulle nader aan Nylstroom getrek om met volstruise te boer. Dit was moeilike tye, vertel Ina. Swaar jare, maar hulle het altyd voor oë gehou dat die Here sal voorsien. Op ń dag...
Ina Lessing ń nederige boervrou met ń onwrikbare geloof in haar skepper
Met net twee potte het sy 17 jaar gelede onder ń afdak by die huis begin konfyt kook. Wat as ń genade-projek begin het, het uitgekring tot ń reuse sake-onderneming. Haar produkte is landwyd bekend vir hul goue etiket. Ina Lessing van Nylstroom, oftewel Modimolle, in...
Reg oor Suid-Afrika – selfs tot in Namibië – ken mense Ina Lessing se inmaakprodukte.
Ina Lessing stem saam met Langenhoven: As sy suksesvol wil wees, moet jy die gewone dinge buitegewoon goed doen. Jêmkook en inmaak is mos maar ń gewone ding, sê sy. En dié energieke vrou van Modimolle het dit inderdaad vervolmaak tot ń smaaksimfonie. Lees...
Ina Lessing ‘n finalis in Landbouweekblad en Sanlam se nou reeds bekende Landbouvroue-entrepreneurskompetisie.
Die beproefde suksesresep vir Ina Lessing se konfytonderneming te midde van geldelike droogte, is volgens haar die feit dat sy in voeling bly met haar teikenmark en by hul behoeftes kan aanpas. "Ek werk sy aan sy saam met my werkers om produktiwiteit te verseker....
Landbouvroue-entrepreneur – Ina kook voorspoed los
Wanneer ń mens Ina Lessing van die plaas Lusthof buite Modimolle (Nylstroom), se konfyt en inmaakonderneming van nader beskou, kom die sakemagnaat, dr. Anton Rupert, se definisie vir enterpreneurskap onwillekeurig by jou op. Daardie dringendheid een aandag aan die...
Die tweelingsusters Chrisine Bothma en Alida Taljaard woeker behoorlik met hulle ooré ma se resep vir outydse boerseep.
Luister nou mooi wat hierdie antie vandag vir jou vertel: ń Vlooi sal not-te-dêm spring op ń hand wat met boerseep gewas is, sê Lida Taljaard met haar regterwysvinger wat die "not-te-dêm" ta-ta-ta aftik op die blok boerseep wat voor haar op die kombuistafel lê. Lees...
KykNET se Kwêla laat val weer die kollig op die spesiale dorpe en hul mense van ons pragtige land.
Vanjaar gaan Afrikaans.com weer saam op reis met hierdie heerlike en opwindende kompetisie. Lees artikel oor: Streekwenner 3: Modimolle (Limpopo) Regs is Ina Lessing, Pieter Koen (een van die aanbieders by Kwêla) en Frik le Roux.