Resepte

Vinnige Grenadella Maaskaastert

Ina Lessing - Resepte Vinnige Grenadella Maaskaastert

Bestanddele:

1 X Pakkie Tennisbeskuitjies
2 X Blikkies Kondensmelk
2 X Houers Gladde Maaskaas
2 X Houers Vars room (250ml elk)
1 X Gelatien (20ml)
1 X Klein bottel Suurlemoensap (250ml)
1 X Ina Lessing grenadella curd (300ml)

Metode:

  1. Druk die koekies fyn en meng met bietjie gesmelte botter.
  2. Meng en druk plat onder in ‘n losboompan om ‘n kors te vorm.
  3. Los die gelatien op in die helfte van die suurlemoensap.
  4. Meng en laat afkoel.
  5. Meng die volgende bestanddele saam:
  6. Kondensmelk, maaskaas, suurlemoensap (wat oorgebly het).
  7. Klop room effens – nie styf nie en vou in.
  8. Voeg gelatien mengsel by, meng goed.
  9. Giet die mengsel in die pan op die koekies.
  10. Laat vir ‘n ruk (ongeveer 2 ure) in die yskas.
  11. Smeer die grenadella curd bo-op.

Lillian Weber

 

Appelkoos Konfyt

Ina Lessing - Resepte Apricot Jam

Bestanddele:

1 X Appelkose, gehalveer en ontpit (1kg)
1 X Huletts Witsuiker (1kg)
5 X Appelkoospitte, gekraak
4 X Dik gemmerwortel, afgeskil en in dun skyfies gesny (5ml)
1 X Suurlemoensap (15ml)

Metode:

  1. Plaas die appelkose en suiker in ’n swaarbodempot.
  2. Plaas oor ‘n lae hitte en roer tot die suiker opgelos het.
  3. Voeg die appelkoospitte en gemmer by en verhit tot kookpunt terwyl jy roer.
  4. Laat die mengsel aanhou kook totdat dit dik en deurskynend is.
  5. Voeg suurlemoensap by en roer totdat dit goed deur gemeng is.
  6. Skep die konfyt nou in gesteriliseerde bottels in en verseël.

Die resep lewer ongeveer 5 x 250g bottels

Of u kan net ’n klaargemaakte Ina Lessing-potjie of twee koop

Wildsvleis Kasserol met Ina Lessing Maroelajellie en droë vrugte

Ina Lessing - Resepte Wildsvleis Kasserol met Ina Lessing Maroelajellie en droë vrugte

Bestanddele:

1 X Wildsvleis met bene in stukke gesaag (1,5kg)
MARINADE
1 X Rooi wyn (500ml)
4 X Knoffelhuisies, gekneus
1 X Gedroogde gemengde kruie (10ml)
1 X Olie (100ml)
1 X Bruinsuiker (30ml)
1 X Worcestersous (15ml)
1 X Botter (50ml)
2 X Uie
1 X Wortel, gerasper
2 X Selderystingels, gekap
2 tot 3 X Lourierblare
6 X Heel naeltjies
6 X Wonderpeperkorrels
1 X Vars suurlemoensap (50ml)
1 X Vleisaftreksel (500ml)
1 X Rooiwyn (250ml)
1 X Droëvrugte (500g)
1 X Ina Lessing maroelajellie (50ml)

Metode:

  1. Marineer vleis twee dae lank in marinade.
  2. Verwyder vleis uit marinade en behou die vloeistof.
  3. Verhit botter en braai uie, wortel en seldery in swaarboompot.
  4. Braai vleis tot bruin en plaas in kasserol.
  5. Skep uie-en-wortelmengsel bo-op.
  6. Gooi marinade oor.
  7. Voeg lourierblaar, naeltjies, wonderpeperkorrels en suurlemoensap by.
  8. Geur goed na smaak met aromat, sout en vars gemaalde peper.
  9. Plaas in oond en prut 3 uur lank by 160C.
  10. Vul vloeistof aan met rooi wyn en vleisaftreksel soos benodig.
  11. Vir ekstra geur kan 250ml room bygeroer word net voordat dit voorgesit word.